Dienste

Elke vak se pakket bevat die volgende komponente:

Opsomming

Die opsommings is puntsgewys opgesom, met die kernwoorde in rooi uitgelig om meer aandag te trek. Ons opsommings is getrou en feitlik aan die bron, maar is in verstaanbare gebruikers taal geskryf. Verskeie verduidelikings en wenke is by die opsommings bygewerk, om die inhoud meer verstaanbaar te maak. Vir jou linkerbrein kind wat alles puntsgewys en logies verkies.

Graad 7 Voorbeeld

Breinkaart

Onder Konstruksie

Die breinkaarte is dieselfde feite en inhoud as die opsommings, net op ’n ander, nog korter manier weergegee vir kinders wat moeilik lees of die kind wat net gou voor die toets/eksamen weer ‘n vinnige oorsig oor die werk wil hê. Ook vir die regterbrein kind wat leer met kleur en prentjies.

Graad 7 Voorbeeld

Powerpoint

Onder Konstruksie

Breinkaarte met musiek wat die brein help om te fokus en beter te onthou. Vir jou kind wat visueel en met klank, leer. Hoe meer sintuie ’n kind gebruik as hy leer, hoe beter onthou hy/sy die werk.

Graad 7 Voorbeeld

Toets

Elke eenheid het sy eie toets, waar ’n ouer kan bepaal of die jongeling sy/haar werk ken en verstaan. En natuurlik ’n memorandum vir ons as ouers.

Graad 7 Voorbeeld